HESSEQUA NUUS - Die onlangse konstitusionele hofbeslissing in Jordaan and others vs Tshwane Metropolitan Municipality and others and related matters (Tuhf Limited and others as amici curiae) 2017 (11) BCLR 1370 (CC) bring verseker groot verligting vir voornemende kopers van onroerende eiendom.
Dit bring ook regsekerheid in ‘n area waar kopers in die verlede geen voet gelaat is om op te staan nie, anders as om gedweë in te val by munisipaliteite se (wan-)interpretasie van artikel 118 (3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels (Nr. 32 van 2000) ('die Wet').
Dié artikel, in ‘n neutedop bepaal dat bedrae verskuldig ten aansien van munisipale dienste, bybetalings, heffings en belastings ‘n heffing op eiendom daarstel ten aansien waarvan die verskuldigde bedrag voorkeur geniet bo enige verband geregistreer oor die eiendom.
Op grond hiervan het munisipaliteite nuwe eienaars/kopers aanspreeklik gehou vir historiese skulde van die verkrygde eiendom.
Die gevolge waarvan vanselfsprekend deurslaggewend was en ingesluit het eksekusieverkopings van die betrokke eiendom ten einde die skuld te delg of ‘n munisipaliteit se weiering om dienste te verskaf aan die koper alvorens die uitstaande skuld nie gedelg is nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'