Volgens me. Susan Vosloo, Hessequa media beampte wil die Hessequa munisipaliteit graag die departementshoof van finansies, me. Lien Viljoen en haar finansiële span bedank vir hul harde werk en uitstaande bydraes met die opstel van die konsepbegroting. "Heelwat tyd en energie is ingesit in die opstel van die dokumente en word die harde werk raakgesien".
Konsep kapitaal- en bedryfsbegroting
Die totale 2013/14 konsepbegroting beloop R327 863 159. Dit bestaan uit 'n konsep kapitaalbegroting van R47 320 000 of 14,4% van die totale begroting en 'n konsep bedryfsbegroting van R280 543 159 of 85,6% van die totale begroting. Die grootste gedeelte van die kapitaal uitgawes is begroot vir strate en stormwater (R7 miljoen), elektriese dienste (R19,16 miljoen), waterdienste (R5,44 miljoen), riool (R7,35 miljoen), gemeenskapsdienste (R3,21 miljoen) en voertuie en toerusting (R 4,45 miljoen).
Tariefverhogings
Water (6 %), elektrisiteit (6,3 % gemiddeld), vullis (7 %) en riool ( 6 %).
Eiendomsbelasting
Residensiëel, besighede en nywerhede, staat en landbou (almal 6%).
Kortings (belasting)
* Gepensioeneerde persone: Eiendomsbelastingkorting
(a) Inkomste minder as R3 000 per maand 25%
(b) Inkomste bo R3 001 per maand tot R8 000 per maand 15% (persone 60 jaar en ouer).
* Die volgende kortings is vir gepensioeneerde persone met inkomste minder of gelyk aan R8 000 p.m. addisioneel tot (a) en (b) (hierbo) op die verminderde balans volgens hul ouderdomme:
61 jaar tot 75 jaar (25%), 76 jaar tot 85 jaar (35%) en 86 jaar en ouer (45%).
Privaat ontwikkelings (waar dienste self onderhou word, paaie ensovoorts) - korting van 10%.
Landelik: Residensiëel, besigheid en vir ander doeleindes – korting van 10%.
* Die Hessequa konsepbegroting en GOP is beskikbaar by alle plaaslike biblioteke in die streek, by die munisipaliteit en die webtuiste www.hessequa.gov.za.
Skriftelike insae en kommentare moet voor 26 April 2013 gelewer word. Vir meer navrae kontak die Hessequa munisipaliteit by 028 713 8000.
Van links: Ferdie Bergh (hoof: begroting en bates), Betsie Smit (rekenmeester: begroting en statistiek), rdl. Emor Nel (uitvoerende burgemeester), Lien Viljoen (afdelingshoof finansies CFO), Babalwa Magqaza (intern) en Zanette Bothma (sekretaresse: departement finansies).