HESSEQUA NUUS - Die Suid-Afrikaanse polisiediens nooi gemeenskapslede om as reserviste aan te sluit.
Mense wat energiek, intelligent en fisies en geestelik fiks is en wat op 'n vrywillige basis wil help om misdaad te bekamp, kan aansluit.
Die suksesvolle aansoekers sal ten minste 16 ure per maand gratis diens moet doen, tensy hulle vir diens opgeroep word.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Februarie. Aansoeke wat laat ontvang word, sal op 'n databasis vir oorweging vir die volgende inname in 2021 geplaas word.
Kontak die polisiekantore vir meer inligting en aansoekvorms:
- Riversdal 028 713 8541 of 028 713 8554
- Albertinia 028 735 8040
- Heidelberg 028 722 1910
- Stilbaai 028 754 6100
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'