STILBAAI NUUS - Die bekende fietsryer, Erik Kleynhans het stof in sy teenstanders se oë getrap in die 100 km-afstand tydens die jaarlikse Windpompsjerrie-bergfietsuitdaging wat op 23 Desember 2017 plaasgevind het.
Dié ren word jaarliks deur Jan Heenop van iALA gereël.
Ongeveer 244 ryers het aan die 50 km- en 100 km-roetes deelgeneem wat by Lappiesbaai-strand in die ooste begin en by die plaas Jongensdal op die Blombos-pad nabyJongensfontein geëindig het.
Die 50 km-roete was relatief maklik, terwyl die 100 km-roete ideaal was vir die meer ervare ryers wat ‘n groter uitdaging gesoek het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'