Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die Kleine Pikkewyne-kleuterskool het ‘n algehele gedaanteverwisseling ondergaan nadat Louise Kluyts, bekende kunstenaar op die dorp en ‘n paar helpers met hul verfkwaste ingespring het.
Die hoof, Sylvia Swartbooi, het die pragtige en kunstig geverfde geboue in die dorp opgemerk en by navraag uitgevind dat dit Kluyts se werk was – ‘n bydrae wat sy lewer om toerisme op die dorp te bevorder.
Sy het haar genader oor ‘n moontlikheid om dieselfde vir die skooltjie te doen, veral omdat hulle eersdaags ‘n besoek van ‘n televisiespan van KykNet verwag.
Kluyts het ingestem en sommer gou-gou is die skooltjie in ‘n feetjieland verander.
Van die kleuters en ‘n leerkrag voor een van die kleurvolle klassies.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
VIDEO: ALETTA SUTHERLAND, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'