Veertig leerders vanuit Riversdal is genader om die dag by te woon.
Die koördineerders, naamlik me. A. Prins (maatskaplike werker), mev. Shahida Filander (administratiewe beampte) en vrywilligers van Kindersorg SA Riversdal wil hul dank uitspreek teenoor mev. Kitty Japhta (maatskaplike werker van die Jeugsentrum in Mosselbaai), asook die maatskaplike werker, mev. Rosette Mkize en mnr. Busch (hoof van die Korrektiewe Dienste) wat die kinders so goed gemotiveer het.

Mnr. Busch, 'n boorling van Riversdal, en die hoof van die Korrektiewe Dienste in Mosselbaai, besig om die leerders toe te spreek.