RIVERSDAL NUUS - Daar's 'n neiging onder sommige kinders tussen die ouderdomme van 15 tot 16 jaar om nie skool by te woon nie.
Adjudant-offisier Hans Busch van Riversdal-polisie vertel dis 'n tendens wat nou al 'n wyle by van die plaaslike skole kop uitsteek.
"Ouers kom kla verniet," sê Busch. "Die polisie se hande is afgekap. Ons kan nie teen dié drosters optree nie, al wil ons ook graag."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'