Update
ALBERTINIA NUUS - Die verhoor van die 54-jarige Timothy Ova, wat daarvan aangekla word dat hy twee klein dogtertjies, Jacorene Vaaltyn (9) en Sharon Arries (10), van Albertinia in September 2022 vermoor het, het vanoggend, Maandag 23 Oktober, in die rondgaande hooggeregshof in George begin.
Ova staar twee aanklagte van moord, een van dwarsboming van die gereg, een van die onwettige besit van ammunissie en een aanklag van onsedelike aanranding, wat spruit uit 'n voorval wat in 1999 in die Kaap plaasgevind het, in die gesig.
Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.
Ova is op 23 September in hegtenis geneem ná Vaaltyn en Arries se liggame op 22 September by sy woning in Jan Fiskaalstraat ontdek is.
Hulle is die vorige dag deur familie as vermis aangemeld.
Lees meer op susterskoerant, www.georgeherald.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’