HESSEQUA NUUS - Die alombekende Suid-Kaap Kinderkoor (SKKK) onderneem tans oudisies vir jong sangers tussen die ouderdomme van 9 tot 14 om plaaslike takke van die koor in Riversdal en Stilbaai te vestig.
Die besluit om na die platteland van die Suid-Kaap uit te reik, is al lank ‘n prioriteit van die dirigent, Jan-Erik Swart.
Omdat die SKKK nie openbare konserte mag aanbied nie, fokus hulle daarop om musiekvideos van hul repertorium in die natuurskoon van die Tuinroete op te neem, wat daarna op sosiale media en TV vrygestel word.
Ouers van jong sangers wat belangstel om deel van hierdie projek te word kan Swart (084 645 9320) kontak om ‘n oudisie-afspraak in Stilbaai of Riversdal te bespreek.
Ilan en Lynelle Geldenhuys, asook Clarette Bowring het hul oudisies geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'