ALBERTINIA NUUS - Pragtige Kersliedere en liggies het die rugbyveld in Albertinia gevul tydens die dorp se eerste Kersliedere by Kerslig-byeenkoms.
Volgens Marilyn Fillies, organiseerder van die byeenkoms, was daar bykans 500 kinders en ook heelwat ouers teenwoordig.
Sy sê ook dat hierdie beslis 'n jaarlikse instelling gaan word en die ouers het ook gevra dat dit weer gedoen word.
Hulle wil graag ander instansies soos die skole en kerke betrokke kry, want dit help beslis die gemeenskap bymekaar bring.
Amy Manho, die koperblaasorkes, Rising Stars en die gemeenskaplike koor het deur die aand opgetree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’