Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Groep van 28 Herberg-kinderhuiskinders is gedurende die week van 4 tot 10 Desember deur die plaaslike gemeenskap met ‘n vakansiekamp bederf.
Die kamp het op ‘n pragtige plaas tussen klowe en waterpoelle net buite die dorp plaasgevind.
‘n Groep vrywilligers, onder leiding van Marius de Beer het dit aangebied.
Dié jaarlikse instelling het reeds in 2010 ontstaan as gevolg van ‘n behoefte onder kinderhuiskinders wat nie tydens vakansies uitgeplaas word nie.
Die kinders word bederf met heerlike braaivleisetes en genoeg lekkernye.
Volgens een van die kampleiers, Johan Mostert, bied hierdie kamp elke jaar verskillende uitdagings.
“Ek kan nie op pen en papier vaspen hoe spesiaal hierdie kamp is nie. Dit het baie groot waarde.”
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'