Update
STILBAAI NUUS - Die somerseisoen het sy eerste slagoffer geëis toe 'n jong pa van twee en inwoner van Riversdal Saterdagoggend 9 Desember in die rivier by Lapskuit verdrink het.
Nigel Francies (38), 'n timmerman van Moorreestraat, Progress, was saam met sy vrou, Simoné (Moanie) en hul twee kinders, Nicole (14) en Ajay (8) saam met hul kerk se jeuggroep by hul jaareindfunksie.
Hy en nog ander het besluit om deur die rivier na die oorkant te swem.
Volgens Simoné was hy 'n goeie swemmer, maar hy het blykbaar benoud geraak en omgedraai.
"Hy kon egter nie betyds by die wal kom nie," vertel sy hartseer.
Die plaaslike NSRI is na die toneel ontbied, maar dit was reeds te laat.
"Hulle en die ambulanspersoneel het hul bes gedoen om Nigel se lewe te red."
Die vermoede bestaan dat hy aan 'n hartaanval beswyk het.
'n Nadoodse ondersoek word gedoen.
Die begrafnisdiens vind Sondag 17 Desember om 09:00 vanaf die huis in Moorreesstrat 36, Progress en daarna om 10:00 vanuit die Riversdal Burgersentrum onder leiding van die Rainbow Community Church plaas.
Lees 'n vorige artikel: Vakansie eis 1ste verdrinking
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'