Video
FRASERBURG NUUS EN VIDEO - Kareltjie, ‘n bloukraanvoël het as baba langs die N1 naby Leeu Gamka verstrengel in ‘n draad langs die pad geraak.
Iemand wat op hom afgekom het, het die babavoël vir Maxi Boshoff (78) op Fraserburg gebring.
Sy bene was gebreek, maar sy het hom met liefde en baie geduld versorg en het sy bene weer aangegroei.
Natuurbewaring in die distrik het besluit om Kareltjie, wat reeds vier jaar oud is, in Maxi se sorg te los omdat hy nie meer in die natuur sal aanpas nie. Hy het soos ‘n troeteldier geword en volg Maxi oral waar sy gaan.
Hy kom met al die ander diere op die groot werf oor die weg en hulle het ook dié vreemde verskynsel aanvaar.
Maxi en Kareltjie doen gereeld danspassies om fiks te bly en tot groot vermaak van ander.
Kyk 'n video hieronder:
Kareltjie en sy aanneem-ma, Maxi doen gereeld danspassies op die werf:
'Ons bring jou die nuutste Fraserburg, Hessequa nuus'