STILBAAI NUUS - Met die Paasnaweek net om die draai en 'n skoolvakansie wat voorlê, is daar verskeie ander mooi en aangename dinge waarna die Hessequa-gemeenskap kan uitsien.
Een daarvan is die Passiespel wat op Donderdag 30 Maart, om 19:00 en Sondag 2 April om 15:00 in die plaaslike gemeenskapsaal aangebied word.
'n Groep inwoners het maande gelede reeds begin beplan en oefen om die werklikheid van die Paasgebeure op 'n besondere manier oor te dra. Die nuwe teks sluit onder meer die gebeure rakende die vrylating van Barabbas in.
Bekende gunstelingsangstukke sowel as spesiaal gekomponeerde musiek word puik vertolk deur soliste en groepsang. Plaaslike 'akteurs' is reeds deeglik ingeoefen om aan gehore 'n aangename en verrykende vertoning te bied.
Kaartjies verkoop flink, maar daar is nog beskikbaar by NG Kerk Stilbaai se kerkkantoor, Tabeel-boekwinkel en die Jagersbosch-gemeenskapsentrum se kantoor. Koste beloop slegs R20 per persoon.
Belangstellendes wat op ander dorpe bly en graag kaartjies wil koop, kan gerus vir Marietjie Strydom by 082 416 8171 of vir Elsa Oberholzer by 084 677 6773 bel.
Dié kaartjies sal by gemeenskapsaal se ingang beskikbaar wees vir diegene wat dit vooraf gereël het.
Plaaslike akteurs besig om hul rolle vir die opkomende Passiespel in te oefen. Ds. Francois Taljaart (regs), wat die rol van Herodus vertolk, is hier saam met sy lyfwag, Anton van Eeden.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'