SLANGRIVIER NUUS - Dié dorp was weer Sondagnag, 10 Mei, weer diep geruk met die nuus dat ’n jongman ’n wrede mesdood gesterf het.
Die slagoffer, Waydon Joseph (20), het glo aan die hand van ’n vriend gesterf nadat hy noodlottig met ’n mes gesteek was na ’n stryery.
Joseph is op die toneel in Taaibosstraat, Asla Park, deur ambulans medici dood verklaar.
Die 23-jarige beskuldigde, sal vanoggend in die landdroshof in Heidelberg op aanklag van moord verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’