HEIDELBERG NUUS - Heidelberg is die afgelope naweek diep geruk met die tragiese heengaan van 'n jongman wat aan die hand van 'n skerp voorwerp gesterf het.
Die oorledene, Burton ‘Ou Tand’ Scheepers (24), ’n boorling van Atlantis, is glo Saterdagaand ná 'n stryery oor wyn deur 'n 25-jarige man verskeie kere gesteek.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, het die voorval ongeveer 23:15 in Andries du Toitstraat naby ’n bekende taverne gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'