STILBAAI NUUS - Met die ongelooflike groei wat Stilbaai ervaar, bars Laerskool Bertie Barnard en Pikkewouter Kleuterskool uit hul nate. Dus, om te verseker dat die beste kwaliteit opvoeding aan elke leerder verskaf word, het die skole almal se ondersteuning nodig.
Die toerismeburo het vanjaar 'n paling-tekenkompetisie ten bate van die skole geloods as deel van die erfenisfees (Hessequa Heritage Festival) op 25 September.
As kinders gou spring kan hulle sketse nog in aanmerking kom vir die drie kategorieë: voorskools, Gr 1-3 en Gr 4-7.
Hoe dit werk
Laat jou kind sy beste palingtekening maak, sit sy of haar naam, van, ouderdomsgroep en kontakbesonderhede agter op die skets en handig dit in by die onderwyser of Stilbaai Toerismeburo saam met die R10 inskrywingsfooi.
Dit kan ook per e-pos gedoen word. Stuur die tekening na stilbaaiinfo@easycoms.co.za en EFT die R10. Donasies is natuurlik ook baie welkom. Gebruik die volgende verwysing: Paling met jou naam.
Bankbesonderhede:
- Stilbaai Toerismeburo; Nedbank Stilbaai; Rekeningnr 1626528195
Die kompetisie se sluitingsdatum is Vrydag 17 September en finaliste sal op 22 September aangekondig word. Finaliste moet om 13:00 op 25 September by die Hessequa Heritage Festival aanmeld vir die uitslae en prysuitdeling.
Komaan Stilbaaiers, maak jou donasie en stuur jou kinders se kunstige palings!
Daar is ‘n tekenkategorie vir voorskoolse leerders ook.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'