Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n 28-jarige jong pa van Heidelberg het tragies aan sy einde gekom toe hy Vrydagoggend 7 Oktober vermoedelik sy balans verloor en deur 'n opening by 'n graangevulde silo ingeval en waarskynlik versmoor het.
Die oorledene, Irvan Hopp, 'n pa van ses klein dogters waarvan die jongste net ses maande oud is, was aan diens op die plaas Karringmelksrivier toe hy kort voor 12:00 in die silo vol graan geval het.
Hartseertonele het hom op die toneel afgespeel. Die ma van sy jongste dogter en sy tante het op die toneel in trane uitgebars en hulle moes deur familielede getroos word.
Die ambulans en ander nooddienste, asook die plaaslike polisie, was op die toneel, maar hy kon nie weer bygebring word nie.
VIDEO: Jongman sterf in fratsongeluk
Jesnay Theodore (middel), ma van Irvan Hopp se jongste dogter, word deur familielede vertroos ná die nuus dat haar verloofde in 'n graansilo geval en versmoor het. Foto's : Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelburg, Hessequa nuus'