HESSEQUA NUUS - Die groep fietsryers het verlede Woensdagoggend by Rusticana-gastehuis saamgetrek net voor die Cape Country Unplugged-toer op hul laaste skof na Hartenbos vertrek het.
Heel voor sit leerders van Molenrivier Primêr op hul ses nuwe helderkleurige fietse wat deur Cape Country aan die skool geskenk is.
Die leerders het die fietsryers, onder begeleiding van die plaaslike verkeerspolisie, deur die dorp vergesel voor hulle terug skool toe is.
Cape Country Unplugged se toergroep van bykans 45 fietsryers is deur die Molenrivier-leerders op die nuwe fietse deur Riversdal begelei. Agter, links stap Cynrol Saayman (hoof) en Morné Dyason, verkeerveiligheidskoördineerder by Hessequa-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'