Jay is tans op 'n mediatoer om hierdie album bekend te stel en het Dinsdag, 16 Julie ook by Suid-Kaap FORUM besoek afgelê.
Dié sanger het reeds 'n lang pad in die plaaslike musiekbedryf gestap; eers in Musiek Teater, toe saam met Joe Niemand met wie hy 'n duet-album gemaak het en daarna Eden.
Verlede jaar het hy ook 'n duet-album saam met Lianie May uitgebring, maar nou wil hy meer op sy solo-loopbaan konsentreer; iets wat hy reeds as jong seun in die vooruitsig gestel het.
Jay, voorheen van die gewilde Afrikaanse popgroep Eden, het pas sy tweede solo CD, 'So rol ons' vrygestel. Hier pronk hy saam met Suid-Kaap FORUM se personeel. Van links is Louise Mouton, Salomé Kruger, Jaun-Maré Conradie, Carol Prins, Wilma Adamson, Elize Blom en Rina Snyman.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'