STILBAAI NUUS - As jy in Stilbaai is Saterdag 29 Junie moet jy sorg dat jy vroeg by die Gemeenskapsaal is.
Dit is Jagersbosch Gemeenskapdienssentrum se jaarlikse basaar en jy kan dit eenvoudig nie misloop nie.
Die tafels kreun onder die heerlikste eetgoed en wie kan 'n ordentlike basaarpoeding weerstaan?
Handgemaakte artikels en allerlei ander snuisterye sal hulle pad vind na jou motor.
Die basaar begin al 08:00 Saterdagoggend 29 Junie en onthou die beste word eerste opgeraap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’