STILBAAI NUUS - Sers. Henry Jaftha van Stilbaai-polisiestasie het vanaf 6 tot 12 Oktober aan die SAPD gevegskuns (martial arts) -kompetisie deelgeneem.
Dit was die 28ste polisie karatebyeenkoms en is deur die Wes-Kaapse span aangebied. Jaftha het dubbelgoud vir sy afdelings gekry.
Hy is ook die afrigter vir die Wes-Kaapse span, sowel as die polisie se nasionale span en het ook die trofee vir die afrigter van die jaar ontvang.
Hy is gekies vir die Karate Suid-Afrikaspan wat die land gaan verteenwoordig by die Statebondspele vanaf 29 November tot 1 Desember in Durban.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'