HESSEQUA NUUS - Die Hessequa-kiesafdeling van die DA, in samewerking met die Jongensfontein-inwonersvereniging het Jongensfontein se strande op Internasionale Kusskoonmaakdag behoorlik skoongemaak.
Ongeveer 60 mense, waaronder die Hessequa-kiesafdeling se DA-politieke hoof, minister Tertuis Simmers (Wes-Kaapse Minister van menslike nedersettings), die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, die kiesafdeling se voorsitter en speaker van die Hessequa-raad, Andrew Stroebel, asook DA-aktiviste en gemeenskapslede het ingespring en gehelp om 'n sukses van die skoonmaakdag te maak.
Almal is in kleiner groepies opgedeel en het as spanne saamgewerk, waarna hulle die dag gesellig met 'n worsbraai afgesluit het.
Simmers het gesê een van ons grootste en mees belangrikste erfenisse is ons natuur, maar so ook die bewaring daarvan. "Vandag se aksie, hoe klein ookal die gebaar, is ons as gemeenskapsgefokusde aktiviste en inwonersvereniging se bydrae om te verseker dat ons die natuur vir die toekoms help beskerm."
Chrisna Hough, Jobieth Hoogbaard, Gerald Boezak, Ben Smith en Shahida Months (voorsitter wyk 6) met die rommel wat hulle opgetel het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'