STILBAAI NUUS - Vyftien netjiese Stilbaaiers het besluit om op Oujaarsdag die jaar op 'n gepaste wyse te groet.
Hierdie groepie het by steentjie in Stilbaai opgedaag in pakke klere en ander deftige drag, elkeen met 'n branderplank onder die arm.
Volgens Ben Vorster, organiseerder van die geleentheid, is dit nou die tweede jaar wat hulle so afsluit en hy sal graag wil sien dat dit elke jaar groei.
Hy sê die lewe is ernstig genoeg en iewers moet jy tyd maak vir pret en wat is nou mooier as 'n deftige branderplankryer.
Die groep was vir amper 'n uur in die water, maar toe raak die klere bietjie swaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’