HEIDELBERG NUUS - Hurlynn Roberts van Heidelberg, seun van sy oorlede ouers, Johnny en Nicolene Roberts is Saterdag, 4 Desember met Chandré Williams van Kuilsrivier na hul verhouding van nege jaar in die huwelik bevestig.
Die bruid is die dogter van George en Eunice Williams. Pastoor May het die bevestiging in die AGS kerk in Kuilsrivier waargeneem.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'