RIVERSDAL NUUS - Die departement van maatskaplike ontwikkeling bied 'n inligting- en ondersteuningsgroep aan op Riversdal vir gesinne wat lei onder die negatiewe effek van alkohol en dwelm misbruik van gesinslede.
Die samekoms sal elke eerste en derde Dinsdagaand van die maand by hul kantore in Van Riebeeckstraat om 18:00 gehou word.
"Baie persone kla omdat hier geen dienste beskikbaar is nie, maar dit is dan ook ons elkeen se verantwoordelikheid om uit te reik na die diens as dit wel beskikbaar is.
"As jy bekommerd is oor jou eie, of 'n kind of familielid se gebruik van middels en alkohol nooi ons almal hartlik uit om die groep te kom bywoon. Dit is gratis," het Juliana Grundlingh gesê.
Vir meer inligting skakel Juliana of Elvira by 028 713 4147.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'