HEIDELBERG NUUS - Die drie leerders van De Waalville Primêr het in George aan die Wiskunde Grow Smart-kompetisie deelgeneem.
Die drie, Zeeque Sonny, Durgan Cieta en Duane Jacobs, het in die tweede plek geëindig en net-net die eerste plek gemis om aan die volgende ronde in Kaapstad deel te neem.
Desnieteenstaande het hulle nie net hul trotse wiskunde-opvoeder, Hazel Michaels, nie, maar ook hul ouers, die skool en ook die dorp baie trots gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’