STILBAAI NUUS - Basaarpoeding, pannekoek, koeke, terte, vleis en allerhande lekkernye gaan meeding om in jou mandjie te beland as jy Saterdag Huis Stilbaai se basaar gaan bywoon.
Daar is natuurlik ook die wit olifant tafel, heerlike etes en nog vele meer om van te kies en keur.
Die deure open al 08:00 en jy sal moet gou spring om teleurstelling te voorkom.
Dit alles is vir 'n goeie doel, want soos almal weet sny die regering jaarliks aan die subsidies vir plekke soos Huis Stilbaai en hulle het elke sent nodig wat hulle met inisiatiewe soos hierdie kan insamel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’