STILBAAI NUUS - 'n Vol baan spelers in 'n oggend- en middagsessie het ten spyte van die ligte reën hulleself gate uit geniet op die pragtige Stilbaai baan.
Jan de Beer en Tony Hawken was die uiteindelike wenners en hulle kon kies en keur uit die talle pryse.
Evert Kleynhans was naaste aan die pen 2/14 en Winnie-Isabel le Roux by 8/17.
Reguitste dryf was Tobias Hanekom, terwyl Charl Penning, mans langste dryf, en Linda Jordaan, dames langste dryf by 9/18 die wenners was.
Die hoofborg, Johan Henn van Active Investment Partners, het benewens die talle pryse ook 'n paar items opgeveil wat meer as 'n R100 000 ingebring het.
Johan se mikpunt was om R150 000 in te samel, maar aan die einde van die aand kon hy en Hennie Slabbert van die Vriende en Familie komitee 'n tjek van R175 000 aan Karlien Saayman, bestuurder van Huis Stilbaai, oorhandig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’