Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die pas afgelope Riversdal-landbouskou het groot hoogtepunte opgelewer.
Altesaam 112 leerders vanoor die Wes-Kaap het aan die Jeugskou deelgeneem in die kategorieë junior-junior, junior en senior in die afdelings vleisbeeste, suiwelbeeste, Angoras en skape, asook kulinêre kuns en suiwelbereiding.
Veral Oakdale se leerders het geskitter. Sewe beesrasse, wat die beste diere uit die provinsie verteenwoordig, het aan die beesvertoning deelgeneem.
Onder die beesrasse het Philip de Waal van Locheim op Moorreesburg se swart Angus en Hereford met die pryse weggestap. Lloyd de Villiers van Busby Boerboels in Kaapstad het die eerste plek in die boerboelkompetisie verower.
Sien 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'