HEIDELBERG NUUS - Tydens die grondslagfase-erkenningsaand wat op 24 Oktober gehou is, het die gr. R-klassie 'graad' gevang en elkeen was opgetooi met 'n toga en hoedjie vir die okkasie.
Al die gr. 1 tot 3-leerders het erkenning vir 'n spesiale karaktertrek, deelname aan aktiwiteite of vordering in akademie gedurende die jaar gekry.
Die uitdeel van sertifikate is afgewissel met verskeie items soos voordrag en die optrede van die gr. R-orkes. Die aand is afgesluit met 'n massa-sanggroep wat 'n vrolike mengelmoes van Kaapse Klopse-liedjies gesing het.
Die grondslagfase-groep.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'