RIVERSDAL NUUS - Die o. 13-span van United Brothers van Kwanokuthula, Riversdal, het Vrydag 4 Julie aan ’n opwindende junior sokkertoernooi in Suurbraak deelgeneem en met trots die derde plek behaal.
Die toernooi het verskeie talentvolle spanne van die streek bymekaar gebring, maar dit was Brothers se vasberadenheid, spanwerk en vaardigheid wat besonder uitgestaan het.
Die jong spelers het nie net hul span se naam hoog gehou nie, maar ook individuele eer verwerf.
Twee van die spelers, Realeboa Kokoropo en Anovuyo Somtsora is onderskeidelik aangewys as speler van die toernooi en as verdediger van die toernooi - ’n groot prestasie wat getuig van die span se potensiaal en toewyding.
Afrigters en ondersteuners het hul trots uitgespreek en die spelers geloof vir hul harde werk en sportmanskap.
Die klub sien hierdie toernooi as ’n belangrike leergeleentheid en is vasbeslote om voort te bou op dié sukses.
United Brothers beoog om die jong spelers verder te ontwikkel en in die nabye toekoms aan nog meer kompetisies deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’