HESSEQUA NUUS - Paaie regdeur die Hessequa munispale gebied het steeds, ten spyte van die Covid-19-inperking, tydens die 2019/2020-boekjaar die nodige aandag ontvang.
Volgens die plaaslike munisipaliteit is 'n totale padoppervlak van 116 000vk/m in dié tyd opgradeer.
Opgradering sluit die seël en plavei van paaie, die aanbring van randstene en die instandhouding van stormwater infrastruktuur in. Die begrotingswaarde van die projekte was R20 miljoen.
Volgens openbare betrekkinge-beampte Didi Budricks is 46% van dié bedrag vir die plavei van grondstrate in Slangrivier aangewend. Die res van die spandering was ongeveer 22% in Heidelberg/Witsand, 15% in Riversdal, 9% in Albertinia/Gouritsmond en 6% in Stilbaai.
Die munisipaliteit bedank alle rolspelers vir hul toegewydheid in moeilike omstandighede.
Ampsbekleërs tydens die opening van Stephanus Mgwexastraat in Kwanokuthula, Riversdal (van links) Hessequa se uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, Elias Dayimani (wyksraadslid van Wyk 7), onderburgemeester Johannes Hartnick en Rhuschan Manho (direkteur: tegniese dienste).
Vorige artikel: Many of Hessequa's roads upgraded
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'