HESSEQUA NUUS - Die munisipaliteit het vir die sesde agtereenvolgende jaar met 'n skoon oudit uitgeblink.
Munisipale bestuurder Johan Jacobs, sê in 'n mediaverklaring dit is 'n uitsonderlike prestasie:
"Slegs 20 uit 257 munisipaliteite landwyd, waarvan 13 in die Wes-Kaap is, kon daarin slaag om 'n skoon ouditverslag vir die 2018/19 boekjaar vanaf die ouditeur-generaal van Suid-Afrika te ontvang."
Jacobs het die rol van die munisipale raad hierin geloof: "Hulle gee die administrasie die nodige ruimte om hul werk so te doen dat die gemeenskap doeltreffend gedien en vertroue in munisipale dienste herstel kan word."
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles, benadruk die grootste uitdaging is nie net om die skoon verslag te kry nie, maar om dit te handhaaf: "Die munisipale beamptes verdien 'n pluimpie vir hul harde werk en die kwaliteit van dienslewering."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'