HESSEQUA NUUS - Al die biblioteke in die streek het weer op Dinsdag, 11 Augustus vir die publiek heropen.
Volgens Hessequa-munisipaliteit word beperkte dienste en korter ure in ooreenstemming met die Wes-Kaap diensstandaard bedryfsprosedures vir biblioteke toegepas.
Die gewone Covid-19 maatreëls sal gevolg word en gebruikers moet buite op die aangeduide merkers wag tot personeel hulle binnelaat.
Dienste
- Slegs die leen en terugbesorg van biblioteekmateriaal, tydskrifte ingesluit;
- Niemand mag in die biblioteek sit en lees nie;
- Volwassenes mag tot 18 items per keer uitneem en hou vir 30 dae;
- Kinders mag tot 8 items per keer uitneem en hou vir 30 dae;
- Kinders onder die ouderdom van ses moet verkieslik nie volwassenes na die biblioteek vergesel nie;
- Kinderdienste bly gesluit;
- Die gebruik van die studie- en rekenaararea sal beperk word;
- Gebruikers se tyd binne die biblioteek sal beperk word;
- Die aantal mense binne die biblioteek sal beperk word;
- Alle biblioteekmateriaal word in kwarantyn gehou en gebruikers word versoek om geduld met die regulasies te hê.
Ure
Alle biblioteke is Saterdae gesluit.
- Riversdal: 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17: 30 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17:00 (Vrydag)
- Molenrivier: 09:00 – 14: 00 (Dinsdag tot Donderdag)
- Brakfontein: 08:30 – 11:30 en 12:30 – 13: 30 (Dinsdag en Donderdag)
- Vermaaklikheid: 09:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 00 (Maandag, Woensdag en Vrydag)
- Stilbaai: 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17: 00 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17:00 (Vrydag)
- Melkhoutfontein: 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 00 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17:00 (Vrydag)
- Heidelberg: 10:00 – 12:00 en 13:00 – 17: 30 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 13:00 – 16:00 (Vrydag)
- Duivenhoks: 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 00 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 14:00 – 16:00 (Vrydag)
- Slangrivier: 11:00 – 12:00 en 13:30 – 16: 30 (Maandag tot Donderdag); 11:00 – 12:00 en 14:00 – 15:30 (Vrydag)
- Vondeling: 08:30 – 12:00 en 13:30 – 15: 00 (Maandag tot Vrydag)
- Albertinia: 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 30 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17:00 (Vrydag)
- Protea: 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 30 (Maandag tot Donderdag); 10:00 – 12:00 en 14:00 – 17:00 (Vrydag)
- Gouritsmond: 11:00 – 12:00 en 14:00 – 17: 00 (Maandag tot Donderdag); 11:00 – 12:00 en 14:00 – 17:00 (Vrydag)
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'