RIVERSDAL NUUS - Die welkome bui reën wat vroeg in die nuwejaar in Hessequa se opvangsgebied uitgesak het, het die meeste damme tot volle kapasiteit opgestoot.
Die afgelope week is 9,4 mm reën hier gemeet. Die Olive Grove-dam het van 85% na 90% geklim.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
18 Desember
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 99,5%
- Olive Grove - 85%
- Jongensfontein dam - 100%
8 Januarie
- Korentepoortdam - 100,25 – 9,4mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 100,9%
- Olive Grove - 90%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’