RIVERSDAL NUUS - Community Animal Rescue Society het vier honde wat liefdevolle huise moet kry.
’n Gekastreerde plaashond van omtrent nege maande oud moet dringend aangeneem word. Hy is fantasties met ander honde en ’n goeie waghond.
Layla is ’n twee-jaar-oue Pittbull. Sy is gesteriliseer en as gevolg van haar wit vel kan sy na mense toe gaan wat haar binnenshuis kan hou.
Charlie is ’n pragtige Cocker Spaniel wat gekastreer moet word en is omtrent ’n jaar oud.
Waffles is ’n liefdevolle worshond wat baie aandag en liefde moet kry. Hy is gekastreer en het goeie manière.
Skakel Sandra Lotz by 028 713 4362 of 082 9621 831.
Dié plaashond is reggemaak en goed met ander diere.
Charlie.
Layla.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'