STILBAAI NUUS - Dit is Sondag 24 Mei, en by die ingang van OK Foods in Stilbaai het die NSRI se Face-to-Face-span 'n stalletjie opgeslaan.
Fazlin Jaffer, Martie Larkan en Yvette du Preez staan gereed om jou meer te vertel van die NSRI en die lewensreddende werk wat hulle doen.
Die NSRI maak ook staat op skenkings van die publiek om hul werk voort te sit.
Gaan groet gerus en vind meer uit oor hoe jy betrokke kan raak, want inwoners van Stilbaai word daagliks gekonfronteer met die gevare wat die see en rivier inhou.
Hul doel is om betekenisvolle gesprekke te voer wat tot buitengewone oomblikke van verbondenheid kan lei. Wanneer iemand besluit om te skenk, is dit 'n oomblik van gedeelde doelgerigtheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’