HESSEQUA NUUS - Met snerpende koue en reën wat woed in die Hessequa gebied, het 'n helikopter kort na 18:00 mense se oë laat rek toe dit baie laag oor Riversdal en die omliggende landelike gebiede gevlieg het.
Dit was 'n helikopter van Mosselbaai wat besig is om 'n vlieënier se nagvlug tegnieke tot die uiterste te beproef.
Die helikopter het weer in Mosselbaai geland en daar is geen rede tot kommer vir inwoners van Riversdal nie.
'n Brand wat vroeër vandag (29 Augustus) in die Stilbaai omgewing begin woed het, is ook binne oomblikke onder beheer gebring.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'