Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS - Die 75ste landbouskou wat van Woensdag 19 tot Saterdag 22 Februarie plaasgevind het, is verby.
Dit sal nog lank onthou word as een van die moeilikste skoue ooit, maar buiten die verbod op skoue en veilings weens bek-en-klouseer, was daar tog heelwat belangstelling.
Teen Saterdagmiddag het sowat 850 mense reeds die skou bygewoon, vergeleke met die 1 000 van 2019.
"Dit gaan beter as wat ek gedink het," het Vic Brand, skoupresident gesê. "Met die uitbreking én die droogte en ekonomie wat die boere knou, is dit 'n wonderwerk dat hulle die skou tog ondersteun. Die feit dat hulle nie hul vee kan vertoon nie, wat ook baie belangstellende besoekers weghou, verduidelik die minder besoekers."
Beurtkrag het ook 'n rol gespeel. "Ons kan nie sonder krag skou nie, maar gelukkig het Hessequa-munisipaliteit vir ons 'n kragopwekker verskaf."
Fotogalery: 2020 Heidelberg Landbouskou
Die perde-vertoning en die jeugskou was vanjaar die grootste trekpleisters. "Volgens die beoordelaars is daar sterk kompetisie in die perdevertonings wat spreek van puik afrigting," sê Brand. "Ons is verskriklik dankbaar teenoor die borge en uitstallers wat ten spyte van die moeilike omstandighede, ons steeds ondersteun het."
Volgens uitstallers van landboutoe-rusting, was daar vanjaar minder besoekers by hul stalletjies. "Buiten boere wie se kinders aan die jeugskou deelneem, was hier nie eintlik ander boere nie," het een uitstaller gesê. "Dis hoofsaaklik ons bestaande kliënte wat kom groet het. Skoue is nie meer noodsaaklik in die bekendstelling van nuwe toerusting nie, want boere kry al die inligting en doen selfs aankope op die internet."
Kyk 'n video hieronder:
Volgens Fanus Fourie wat die jeugskou gereël het, was daar slegs sowat 40 inskrywings. "Net suiwelbeeste en vleis- en wolskape, wat almal van een plaas af kom, kon gebruik word."
Volgens Natasha van Deventer, wie se vee gebruik is, is die Jerseykoeie skoumak, maar die skape is nie hantering soos wat die jeugskou verg, gewoond nie. Weens gebrek aan belangstelling is die kulinêre kuns-afdeling glad nie aangebied nie, maar die perde-afdeling het wel plaasgevind. "Die jeugskou is belangrik want dit leer kinders dissipline en verantwoordelikheid. Dis 'n lewendige dier wat versorg moet word."
Die veldskape is nie skouhantering gewoond nie.
Vic Brand, president van Heidelberg-skou
Hoër Landbouskool Oakdale se toutrekspan beur so wat hul kan teen Hoërskool Swellendam se span.
Vorige artikel: Pret by Heidelberg Landbouskou
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'