HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie is dringend op soek na die persoon(e) wat oor die afgelope naweek by De Waalville Primêr ingebreek het.
Sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, reken die inbraak moes tussen Vrydagaand en Sondagmiddag gebeur het. Ten tyde van die aanvanklike ondersoek was daar nog geen aanduiding wat presies gebeur het nie.
Etlike duisende rande se skade is berokken en die polisie het 'n swart rugsak op die toneel gevind.
Enigiemand met inligting wat tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die booswigte sal lei, word versoek om dringend die polisie by 082 522 1225 te skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’