HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het op Vrydag (24 Mei) hul jaarlikse tuberkulose bewusmakingsveldtog met 'n kerslig-herdenkingsgeleentheid afgeskop.
Die verrigtinge in die lesingslokaal is deur ongeveer 16 aanwesiges vanuit polisiegeledere, kliniekpersoneel asook lede van die Mosaic-veiligheidshuis bygewoon.
Suster Desiree van Deventer, van die Heidelberg-kliniek, het die aanwesiges oor die voorkoming en behandeling van tuberkolose, verkoues en griep ingelig en hulle ook 'n paar wenke oor MIV/Vigs gegee. Daar is ook drie kerse ter herdenking van slagoffers aangesteek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’