Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Ses-en-veertigjarige inwoner van Slangrivier is in hegtenis geneem vir beweerde onwettige drankverkope.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte van Heidelberg-polisie het hulle Vrydag, 10 Julie op inligting vanuit die gemeenskap reageer.Die C-skoflede, onder leiding van konst Keeno Fredericks en ao Jaco Louwrens het die inligting opgevolg en beslag is op 'n groot hoeveelheid drank, waaronder verskeie kaste bier, vyf liter kraantjies wyn ter waarde van ongeveer R23 000, asook 'n kontantbedrag van R3 240, gelê.
Die verdagte het van die toneel probeer vlug, maar is deur Fredericks aangekeer.
Hy was voorheen op soortgelyke klagtes in hegtenis geneem en sou Maandag in Heidelberg-landdroshof op aanklag van onwettige drankhandel verskyn.
Die polisie rig 'n dringende waarskuwing aan alle drankhandelaars, hetsy wettig of onwettig, dat hulle nie sal huiwer om streng op te tree indien hulle die regulasies oortree nie.
Konstabels Peter-John Gordon, Keeno Fredericks en Justin Paige, sers Tercia Hoogbaard en ao Jaco Louwrens (skofleier). Foto's: Clive Pretorius
Die drank wat gekonfiskeer is.
Vorige artikel: Heidelberg polisie slaan toe op onwettige drankverkope
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'