HEIDELBERG NUUS - Sharon Februarie, ’n opvoeder by De Waalville Primêr, het op Woensdag 8 April haar Gr. R-diploma ontvang tydens ’n gradeplegtigheid aan die North-West University se Potchefstroom-kampus.
Haar prestasie volg ná jare se harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan haar studies, en word as ’n belangrike mylpaal in haar akademiese en professionele loopbaan beskou.
Kollegas en die skoolgemeenskap het hul trots uitgespreek oor Februarie se prestasie, wat as inspirasie dien vir beide leerders en mede-opvoeders.
Haar kwalifikasie sal haar verder toerus om ’n positiewe bydrae tot grondslagfase-onderrig te lewer.
De Waalville Primêr wens haar alle voorspoed toe met haar verdere loopbaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’