HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het gister (Saterdag 2 Mei) hul wendroogte ná twee agtereenvolgende nederlae verbreek met ’n naelskraapse oorwinning van 27 - 21 oor Barbarians Rugbyklub van Mosselbaai.
Dít nadat hulle rustyd met 14 - 8 in hul SWDRU Superliga A-tuiswedstryd voorgeloop het.
Beide spanne kon net drie keer agter die doellyn kuier en kon dus nie ’n bonuspunt vir vier drieë in die taai stryd verdien nie.
In die eerste wedstryd van die dag het die besoekers se C-span die stryd met 29 - 17 gewen nadat hulle rustyd met 14 - 5 voorgeloop het.
Die wedstryd tussen die B-spanne het 27 - 27 gelykop geëindig.
Die tuisspan het rustyd met 21 - 15 voorgeloop.
Heibi se volgende wedstryd is Saterdag 16 Mei weg teen Bridgton van Oudtshoorn, en daar sal intussen hard gewerk moet word om te verseker dat hulle die wenmomentum kan behou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’