HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het gister weer een van sy blinkste vertonings gelewer en die glans van Silver Stars Rugbyklub verdof met ’n sege van 31 - 12 oor hul besoekers van George.
Dit nadat hulle in die SWDRU Superliga A-tuiswedstryd naelskraap met 12 - 7 voorgeloop het.
Hulle het vyf keer, teenoor Silver Stars se twee, agter die doellyn gaan kuier en sodoende ook ’n waardevolle bonuspunt verseker.
In die twee voorafgaande wedstryde het die tuisspan se C-span met 23 - 13 teen die besoekers vasgeval, nadat die rustydtelling 14 - 3 in Silver Stars se guns was.
Heibi se B-span het met 29 - 12 geseëvier nadat hulle rustyd met die telling 17 - 5 in hul guns gaan draai het.
Heibi speel volgende week weg teen Crusaders Rugbyklub van George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’