HEIDELBERG NUUS - Die langverwagte SWD RU Superliga A-eindstryd tussen die twee bulspanne en ligavoorlopers, Evergreens en Heidelberg, vind more, Saterdag, 11 Oktober, op Outeniqua-park plaas.
Beide spanne se fanatiese ondersteuners sal in hul hordes opdaag om die verwagte titaniese, dog sprankelende stryd - waarvoor beide spanne bekend is - op te dis.
Volgens beskikbare inligting uit albei kampe, is die spanne byna op volle sterkte. Heibi se klipharde losvoorspeler, André Maxin, is steeds op die kantlyn met ’n gebreekte been, maar daar is geen ander beserings nie.
Dit is egter ’n feit dat Heibi as klub, én die hele dorp, vol vertroue is dat hulle dié keer met die beker as alleenwenners Saterdagaand die dorp sal binnekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’