HEIDELBERG NUUS - Die rugbykoors loop hoog in die dorp in afwagting op die tuisspan se poging om die bordjies teen Progress van George te verhang ná die groot nederlaag in die eerste ronde.
Heibi het in hul SWDRU Superliga A-wegwedstryd ’n loesing van 42 - 27 teen ’n begeesterde tuisspan gekry.
Hoewel die gemoedere onder Heibi-ondersteuners nie baie goed is ná die span se groot nederlae in die Top 8-liga nie, is die afrigtingskorps vol vertroue dat die span vandag as ’n eenheid die knoop sal deurhaak en die vertroue van hul fanatiese ondersteuners sal terugwen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’