HESSEQUA NUUS - Na verskeie klagtes van pasiënte wat kla hulle moet vroeg soggens en laat saans na en van hospitale stap omdat HealthNET (Health Non-Emergency Transport) hulle nie tuis aflaai nie, het die Wes-Kaapse department gesondheid erken die diens is onder druk.
Deanna Bessick, ‘n kommunikasiebeampte vir die Wes-Kaapse mediese nooddienste en forensiese patologiese dienste het ‘n ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die vervoer van pasiënte tussen hospitale en van wonings na hospitale en terug.
“Ons is bewus van die sosiale uitdagings wat in verskillende gemeenskappe bestaan en daarom wil ons 'n hele samelewingsbenadering skep om gemeenskappe te help met uitdagings soos openbare vervoer. Ons doen 'n beroep op individue wat pasiënte kan vervoer en nie om slegs op 'n reeds oorlaaide HealthNET-diens te vertrou nie,” het Bessick gesê.
• Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'