Update
RIVERSDAL NUUS - Die handsakprojek wat deur die ACVV Riversdal-tak geloods was, het goeie resultate tot gevolg gehad.
Die projek het behels dat ou handsakke, of handsakke wat vroue nie meer gebruik het nie met toiletware en allerlei bruikbare artikels vul en dit aan die ACVV skenk.
Op hul beurt het die ACVV dit aan Mosaic Albertinia, 'n veiligheidshuis vir vroue en kinders wat slagoffers van geweld is, oorhandig.
"Ons weet dat hierdie handsakke nie die trauma kan verwyder nie, maar ons weet dat dit die begin van 'n silwer randjie kan wees. Dit is vir ons 'n voorreg om hande met ander organisasies in die gemeenskap te vat," het Petra Stegmann, maatskaplike werker gesê. Sy het ook woorde van Ryunosuke Satoro aangehaal: "Individually we are one drop. Together we are an ocean."
Die ACVV bedank elkeen wat aan die projek deelgeneem en skenkings gemaak het.
Vorige artikel: Handsakprojek 'n sukses
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'